Slaag die toets

Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef wat oor julle kom nie. Dis nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. – 1 Petrus 4:12

God laat ons soms toe om in minder ideale omstandighede te beland sodat dit vir ons as ‘vuurproef’ kan dien. Hy beplan dikwels vir ons bevordering as ons die toets waarvoor ons te staan kom, sou slaag. Ons is soos kinders in die skool wat toetse moet slaag om be­vorder te word na die volgende graad. Slaag jy die toets? Weier jy om te murmureer, te kla of die blaam op ander te skuif as sake nie na jou sin verloop nie?

Jy behoort God te prys en te seën terwyl jy onder in die lewe se valleie is, en ook wanneer jy jou bo-op die lewe se bergtoppe bevind. As jy nou in ’n moeilike of uitdagende situasie verkeer, dissiplineer jouself om nie te kla nie, maar om God liewer te prys en te eer.


Kraggedagte

Ek gaan nie kla wanneer beproewings oor my pad kom nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon