
‘Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.’ – Matteus 6:33 (1953-vertaling)
Wanneer jy Jesus as jou Verlosser aanvaar, is geregtigheid die eerste ding wat Hy vir jou wil gee.
Hy neem jou sonde en gee jou sy geregtigheid. God haat dit as sy kinders gefolter word deur gevoelens van minderwaardigheid wat veroorsaak word deur die vrae waarmee ons worstel: Is daar iets verkeerd met my omdat ek nie hou van die dinge waarvan ander hou nie? Of omdat ek nie kan doen wat hulle doen nie? Hy gee ons sy geregtigheid sodat ons nie daardie gedagtes hoef te glo nie.
Jy kan ophou luister na Satan se leuens en liewer sê: ‘Ek is reg wat God betref.’ Jy hoef nie langer te dink daar is iets verkeerd met jou nie; jy kan God liewer toelaat om jou te wys watter goeie dinge Hy in jou geplaas het. Glo en sê: ‘Ek is perfek, ek is nie verkeerd nie. Wanneer ek voor God staan, is ek volmaak deur Christus.’
Kraggedagte
Ek is die geregtigheid van God deur Christus.