Sosiale geregtigheid

Sosiale geregtigheid

“Hy sorg vir die reg van die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdelinge lief en gee vir hulle kos en klere.” —Deuteronomium 10:18 NLV

Dit is eenvoudig net verkeerd om te sien of te hoor van iemand wat in nood is en absoluut niks daaraan te doen nie. Laat ek dit verduidelik…

‘n Wyle terug het die Here aan my openbaar hoe sterk Hy voel daaroor dat ek vir die geregtigheid van dié wat verdruk is, moet werk. Dit is deel van Sy roeping vir die liggaam van Christus.

Hy soek al na mense wat bereid is om weeskinders, die weduwees, die verdruktes, die armes en dié wat eensaam is te help, vandat Hy die wette in die Ou Testament gegee het.

Hy praat deur Moses waar Hy sê: “Julle mag nie weduwees en weeskinders uitbuit nie.” God is nie uitsluitlik nie, Hy voer geregtigheid uit vir die wat vaderloos is én die weduwee, en Hy het vreemdelinge lief en gee vir hulle kos en klere (Deuteronomium 10:18). God het vir die mense gesê dat as hulle die vreemdelinge, weeskinders en weduwees kos gee, dat Hy die werk van hul hande sal seën (sien Deuteronomium 14:29).

Van die eensaamste en meer vergete mense in die wêreld vandag, is die meisies wat geforseer word in prostitusie om te oorleef, die weeskind wie se ouers dood is aan HIV vigs, die gevangene wat dag na dag alleen in ‘n tronksel sit en die hawelose man op straat…daar is so baie mense in nood daar buite.

Dit kan baie oorweldigend wees, en jy dink dalk maar ‘wat kan ek daaraan doen?’. God het my geleer dat ek nie alles kan oplos nie, maar dat ek wel die lyding van net een persoon kan stop, daar kan ek ‘n verskil maak.

Moet asseblief nooit dink dat wat jy gee is nie genoeg nie. Die seer, gebroke, honger en hawelose mense is reg rondom ons. Sal jy iemand vandag help?


Gebedsbeginpunt

Here, U voel duidelik baie sterk daaroor om die wat arm en eensaam is te help. Gee my U hart vir geregtigheid en wys my die seer en gebroke mense uit wie U wil hê ek moet help.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon