Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies. (1 Timoteus 6:12)
Een van die belangrikste dinge wat jy in jou stiltetyd met God kan doen, is om in ooreenstemming met Hom en Sy Woord te staan. Byvoorbeeld, maak nie saak hoe jy voel nie, stem saam met God dat Hy jou liefhet. Jy is wonderlik gemaak en het baie talente. Jy is waardevol en as gelowige in Jesus, is jy geregtig in Hom.
Praat hardop teen gevoelens van twyfel en onsekerheid deur te sê: ”Ek is God se vakmanskap!” Kom in ooreenstemming met God oor jou en jou toekoms en sê wat Hy in Sy Woord sê.
1 Timoteus 6:12 sê vir ons om die goeie stryd te stry en een manier om dit te doen is om God se waarheid oor jou lewe te praat. Veg die goeie stryd van geloof en weier om onder die vlak te leef waar Jesus wil hê jy moet lewe. Gebruik jou woorde om in ooreenstemming met God te kom oor wie jy is en oor die beloftes wat joune is as kind van die Almagtige God.
Vandag se Gedagte
Daar is geweldige krag in die woorde wat jy spreek. Weier om woorde van selfbejammering en onsekerheid te spreek.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Efesiërs 2:10; Romeine 10:9