‘’Jesus sê toe vir hom: “Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!’’ – Johannes 5:8 NLV
In Johannes 5, is daar ‘n storie van ‘n man wie volgens my baie mense verteenwoordig wie weier om te verander.
Tydens ‘n Joodse fees het Jesus die Bethesda-swembad besoek waar siek mense bymekaar gekom het in die hoop om genees te word. Een van die mense wat gewag het om genees te word was ‘n man wat ag en dertig jaar kreupel was. Toe Jesus hom sien, vra Hy of hy genees wil word.
Die antwoord van die man sê vir my hoekom hy nie in ag en dertig jaar genees is nie. Hy het gesê, ‘’Ek het niemand om my in die swembad te help wanneer dit geroer word nie.’’ Kortom, die man vermy verantwoordelikheid.
Sy tweede probleem was dat hy ander die skuld gegee het. Die man het gesê: ‘’ Terwyl ek probeer inkom, gaan iemand anders voor my in.’’ Hoe het Jesus reageer?
Hy het nie jammer gevoel vir hom nie. In plaas daarvan het Jesus gesê: ‘’ Staan op!
Neem jou mat en stap.’’ Vir ‘n verandering in jou lewe, kan jy nie ‘n gevangene wees van jou omstandighede nie. Weet dat God vandag bereid is om jou te help. Jy moet net besluit om op Hom te vertrou, op te staan en die vryheid wat Hy jou gee aktief na te streef.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil nie ‘n slagoffer wees van my omstandighede nie. Ek wil verander. Ek ontvang U krag en U vryheid vandag. Ek glo dat daar regtig verandering in my lewe sal plaasvind soos ek met U stap.