Stadig is goed

My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. – Jakobus 1:19–20

God sê vir ons om meer te luister en minder te praat. Dink so daaraan: As God wou gehad het ons moet vinnig wees om te praat en stadig om te luister, sou Hy ons gemaak het met twee monde en een oor!

God sê ook vir ons om nie te gou kwaad of ergerlik te word nie. As jou humeur kort is en jy maklik kwaad word, begin om meer te luister en minder te praat. Stadig is goed. Lees alles oor woede waarop jy jou hande kan lê. Herhaal oor en oor in jou gedagtes: Ek is gou om te luister en stadig om te praat, stadig om kwaad te word en gou om te vergewe. Vertrou God om jou te help om die gevoelens van woede te beheer. As ons die lewe wil hê wat God vir ons in gedagte het, is dit noodsaaklik om in staat te wees om hierdie emosie in be­dwang te hou.


Kraggedagte

Ek is gou om te luister en stadig om te praat, stadig om kwaad te word en gou om te vergewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon