
. . . want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie. – 2 Korintiërs 5:7
Ons emosies verander van dag tot dag, van uur tot uur en soms selfs van oomblik tot oomblik. Dit verander nie net nie, maar is ook soms misleidend. Jy kan byvoorbeeld voel dat mense nie van jou hou nie, of dat jy nie waardeer word nie of dat jy sleg behandel word, maar dit beteken nie daardie dinge is waar nie. As jy op ’n dag effens liggeraak voel, kan jy dalk dink dat mense jou sleg behandel, terwyl hulle jou in werklikheid geensins anders behandel as enige ander dag nie.
In plaas van om op ’n emosionele wipplank te beland wat ons baie uitput, moet ons stabiele, standvastige en vasberade mense wees. Begin deur jou gedagtes te vernuwe om te dink en te glo jy is standvastig en tevrede. Ons kan nooit enige van God se beloftes aanvaar voordat ons glo dat hulle vir ons bedoel is nie. In die wêreld sien ons en glo dan, maar in God se koninkryk glo ons eers en dan sien ons.
Kraggedagte
Ek lewe deur geloof, nie deur my gevoelens nie.