Stel ’n Goddelike Voorbeeld

Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit. (1 Timoteus 4:12)

Ek is oortuig daarvan dat mense meer glo van wat hulle ons sien doen as wat hulle ons hoor sê. Daarom is dit belangrik dat ons ons verantwoordelikheid verstaan om ‘n goeie, Bybelse voorbeeld te stel. Hoe ons ons geloof uitleef, is noodsaaklik om ‘n effektiewe getuie vir diegene rondom ons te wees.

Moenie net vir ander vertel wat hulle moet doen nie, maar laat hulle sien dat jy die voorbeeld stel. As ‘n ouer vir ‘n kind sê om vriendelik te wees en die kind dan sien hoe hul ma of pa onbeskof teenoor mekaar is, het hulle hul woorde gemors.

Die Bybel sê ons moet waak en bid (sien Markus 14:38). In ons stil tye met God dink ek ons moet bietjie meer na onsself kyk en bid dat ons die geloof sal uitleef wat ons so vrymoedig bely. Wanneer ons die regte voorbeeld stel, is dit ‘n pragtige manier om ons geloof te deel.


Vandag se Gedagte

Ons dade spreek soveel harder as ons woorde.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 5:16; 1 Petrus 1:15-15

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon