Sy genade is nuut elke dag

Sy genade is nuut elke dag

‘’Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. 23 Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.’’ —Klaagliedere 3:22-23 NLV

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid om die deur van die verlede toe te maak en ‘n splinternuwe begin te ervaar. Die feit dat God die dag in vier-en-twintig-uur segmente verdeel het, is ‘n bewys dat ons gereeld opnuut moet begin. Daar is altyd ‘n nuwe dag, ‘n nuwe maand en ‘n nuwe jaar. Maar om van hierdie nuwe begin gebruik te maak, moet ons ‘n besluit neem om dit te doen.

Sukkel jy met skuldgevoelens en veroordeling? Voel jy sleg oor iets wat jy jare gelede gedoen het of iets wat gister gebeur het? Maak nie saak hoeveel tyd verloop het nie, die verlede is steeds die verlede. Wat verby is, is verby en net God kan daarvoor sorg. Jou deel is om jou fout te erken, berou te hê, God se vergifnis te ontvang en aan te gaan.

In Klaagliedere bemoedig die profeet Jeremia ons met die nuus dat God se genade elke oggend nuut is. Hy gee jou elke dag ‘n nuwe begin. Ek is so bly dat God elke dag nuwe genade stuur – ons kan elke dag ‘n nuwe begin hê!


Gebedsbeginpunt

Here, ek is so bly dat U genade elke oggend nuut is! Ek kan elke dag vars begin vanweë U liefde, genade, deernis en getrouheid aan my!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon