Vat uitdagings aan een dag op ‘n slag

Vat uitdagings aan een dag op ‘n slag

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.” Josua 1:9 NLV

Ek moedig jou sterk aan om jou uitdagings slegs een dag op ‘n slag aan te vat. Om te vêr in die pad af te kyk, oorweldig ons. Om op God te vertrou, vereis dat ons glo dat Hy ons ons “daaglikse brood” sal gee; dat ons sal ontvang wat ons nodig het wanneer ons dit nodig het en nie noodwendig voor die tyd nie.

Soms kan uitdagtings onmoontlik voel en oorweldigend, maar God is altyd met ons. Ons moet net dapper wees en die krag ontvang wat Hy ons gee. Onthou dat God sal jou die genade gee om dit te doen wat jy vandag moet doen, so dit is belangrik om te fokus om in die oomblik te bly, eerder as om te bekommer oor môre.

Die beginsel is geldig in baie ander areas van die lewe – om uit skuld uit te kom, om jou huis te organiseer en skoon te maak, huweliksprobleme oplos, om jou kinders te dissiplineer, om betyds vir werk te wees of ‘n projek klaar te maak. Watookal jy in die lewe doen, jy kan dit doen.

Filippense 4:13 sê dat jy reg is vir enigiets en gelykaan enigiets want God gee jou krag. Niks is te veel vir jou wanneer Hy aan jou kant is nie.


Gebedsbeginpunt

God, selfs as die uitdagings voor my onmoontlik voel, ek weet ek kan hulle takel ‘n dag op ‘n slag want U is met my. Ek ontvang U krag vandag.

 

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon