Valse bewyse wat werklik lyk

Valse bewyse wat werklik lyk

“Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.” —2 Timoteus 1:7 NLV

Daar is ‘n verlammende vrees wat Satan elke dag probeer om op ons te sit.

Ek noem dit “valse bewyse wat werklik lyk”. Die doel daarvan is om ons te weerhou daarvan om krag, liefde en selfbeheersing te hê soos God ons gegee het.

Soms dink ons aan vrees as ‘n emosie, maar dit is eintlik ‘n gees. Vrees is een van Satan se gunsteling wapens en hy is mal daaroor om Christene daarmee te teister.

Maar Jesus het gesê,… alles is moontlik vir hom wat glo! (Markus 9:23). So ‘n aan-die-brand Christen wat die Bybel glo is die vyand se grootste vrees!

Daar word gesê dat vrees die teenoorgestelde van geloof is, en dit is waar.

Ons kan nie in geloof en vrees op dieselfde tyd leef nie. Vrees verlam ons en weerhou ons van God se beloftes. Dit weerhou ons daarvan om uit te stap en gehoorsaam te wees aan wat God ons roep om te doen.

Vrees moet pertinent gekonfronteer word met die krag van geloof. Ons moet die Woord van God spreek en vrees beveel om te gaan.

So die volgende keer as vrees aan jou deur kom klop, stuur geloof om te antwoord!


Gebedsbeginpunt

Here, waarsku my as ek gekonfronteer word met valse bewyse wat werklik lyk. Ek weet dat ek met U hulp kan reageer met die krag van geloof en vrees kan wegstuur, elke keer.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon