“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is”. Romeine 12:2 NLV
Het jy al ooit die Engelse gesegde gehoor: “a mind is a terrible thing to waste”? Ons verstand het soveel kapasiteit vir goed: om te leer, te skep, te dink en te groei, dat dit ‘n tragedie is as ons dit nie teen die volle potensiaal gebruik nie.
Daar was ‘n tyd in my lewe waar ek te veel skadelike gedagtes toegelaat het – negatiewiteit, beskuldigend, onvergewensgesindheid en treitering. Die probleem was dat ek geen idee gehad het dat ek my gedagtes kon beheer of kan toelaat watter gedagtes ek op fokus nie.
EK het nie besef dat as ek aan iets dink wat nie waar was nie, dat ek die krag gehad het om dit stop te sit. Niemand het ooit vir my gesê dat ek kan kies waaraan ek dink nie. Het iemand dit al vir jou gesê? Indien nie, is ek hier vandag om vir jou te sê dat jy nie hoef toe te laat dat jou gedagtes jou beheer nie. Jy kán kies om te dink en te fokus op God-gedagtes!
Romeine 12:2 sê dat ons God moet toelaat om ons te omvorm…deurdat Hy ons denkpatrone vernuwe. God wil ons help om die geveg in ons gedagtes te wen. Maar hoe lyk dit prakties?
Hier is wat keer op keer vir my gewerk het en wat ek weet sal vir jou ook werk: volgende keer wat jy worstel met jou gedagtes, wil ek hê jy moet stop en iets spesifiek kry waarvoor jy vir God kan dankie sê. Sê vir Hom hoe dankbaar jy is vir Sy goedheid en al die ryk maniere waarop Hy jou lewe seën. As jy ywerig sal wees hiermee, sal jy sien hoe jou lewe begin verander en dinge sal beter en beter raak.
Dit is my hoop en gebed dat jy die krag sal ken wat God vir jou gegee het en dat jy elke dag in jou gedagtes in Sy volle liefde sal loop wat Hy vir jou het!
Gebedsbeginpunt
Here ek wil U krag in my gedagtes ervaar. Ek kies om te fokus op U goedheid en liefde vir my. Maak nie saak watter negatiewe gedagtes na my toe mag kom, ek weet dat U soveel groter en beter is.