Verander jou denke

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.– Romeine 12:2

Moenie dink soos die wêreld dink nie. As jy God se goedheid in jou lewe wil ervaar, moet jy leer om te dink soos God dink, om jouself te sien soos God jou sien en om jou denke te vernuwe deur die Woord te bestudeer.

Om jou denke te vernuwe is ’n proses wat tyd neem, maar jy kan dadelik begin – raak elke dag opgewonde oor die vordering wat jy gemaak het. Leer om saam te stem met alles wat God in sy Woord vir jou sê, en om te verskil van al Satan se leuens. God het ’n goeie plan vir jou en Hy wil dit graag in jou lewe tot uitvoer bring.


Kraggedagte

My denke word daagliks vernuwe en my lewe is besig om te verander.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon