Vergeet van onsself

Vergeet van onsself

“Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.” —Galasiërs 2:20 NLV

Paulus het gesê dat hy leef nie meer nie maar Christus lewe in hom. Met ander woorde, hy het gestop om aan homself te dink sodat hy vir God kan leef. En ons word bemoedig om dieselfde te doen.

Teen die tyd dink jy dalk, wat van my? Wie gaan na my omsien? Dít is gewoonlik wat ons verhoed om te leef hoe God wil hê ons moet leef.

Dit is maklik om te dink oor wat óns wil hê, dink en voel, maar om vir jouself te leef is eintlik ‘n baie frustrerende, leë manier om te leef.

Dit is wonderlik hoe as jy fokus op God en op wat ons kan doen vir ander, dit vryheid van vrees bring oor wat óns eintlik wil hê en nodig het.

Die geheim van vreugde is om jou lewe weg te gee eerder as om dit te behou. Wanneer jy die fokus van jouself af kry en op God, kan Hy jou wys om ‘n werklike betekenisvolle lewe te leef.

Ek moedig jou aan om jou dae te begin deur jouself te gee aan God. En soos jy doen, sal Hy jou getrou help om ‘n goddelike lewe te lei.


Gebedsbeginpunt

Here, ek offer U my oë, ore, mond, hande, voete, hart, finansies, gawes, talente, vermoëns, tyd, energie – alles van my! Ek wil nie lewe vir my nie, ek wil lewe vir U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon