Vergewe en vergeet

[Die liefde] hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. – 1 Korintiërs 13:5

Die meeste van ons maak ons daaraan skuldig om boek te hou van al die verkeerde dinge wat aan ons gedoen is, maak nie saak hoe groot of klein dit was nie. Maar as ons wil hê vreugde moet deel wees van ons lewe, sal ons moet leer om te vergewe en te vergeet.

Om te vergeet is ’n keuse. Dit beteken nie ons kan nie die slegte dinge onthou nie; dit beteken ons kies om net die beter dinge in die lewe te onthou: ‘… alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig’ (Fil. 4:8, 1983­vertaling). God sê vir jou watter dinge vreugde gaan bring. Hy sê nêrens jy moet onthou wat mense gedoen het om jou gevoelens seer te maak, of dat hulle ongeskik was teenoor jou of hoe hulle iets gedoen het wat jy nie wou hê hulle moes doen nie. God wil hê jy moet vergewe en vergeet en jou gedagtes vul met waardevolle dinge.


Kraggedagte

Ek is gou om te vergewe en te vergeet; ek hou nie boek van die verkeerde dinge wat aan my gedoen is nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon