Vergifnis: die pad na egte vrede en vreugde

Vergifnis: die pad na egte vrede en vreugde

‘’“Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes.’’ – Lukas 6:35 NLV

‘n Paar jaar gelede het iemand my vertel van ‘n persoon wat besigheid met ons bediening gedoen het. My vriendin was in dieselfde restaurant, in ‘n sithoekie naby hulle en het die hele gesprek gehoor, wat oor my gegaan het en hulle het niks goed gesê nie.

Eers het ek kwaad geword en wou hom vertel dat hy nie weer ons besigheid sal kry nie. Maar daardie aand het die Heilige Gees aan my gesê: ‘’Jy gaan nie een van daardie dinge doen nie.’’ Hy het gesê, ‘’Nee, jy gaan doen wat jy preek. Jy gaan vir hom ‘n geskenk koop en hom vertel hoe jy sy diens van al die jare waardeer.’’

Dit was nie maklik nie, maar God het my die genade gegee om Sy leiding te gehoorsaam en ‘n seën te wees vir hierdie man.

Wat ek die meeste van die situasie kan onthou, is dat toe ek begin het om iets goed vir hom te doen, het ek dit baie geniet.

As ons met deernis na mense wat ons seergemaak het, kan kyk, vind daar ‘n partytjie plaas binne-in ons soos God se vreugde ons vul. Dus, wie kan jy vandag vergewe en iets moois doen? Beproef vergifnis en volg die pad wat lei na werklike vrede en vreugde!


Gebedsbeginpunt

Here, ek het U genade nodig om U Woord te gehoorsaam en goed te doen aan dié wat my seergemaak het. Ek weet U sal my beloon met vrede en vreugde in my siel, terwyl ek hulle vergewe en seën.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon