Vergifnis: die sleutel om die duiwel uit jou lewe te hou

Vergifnis: die sleutel om die duiwel uit jou lewe te hou

‘’As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Want as ek iets het om te vergewe, het ek dit reeds gedoen ter wille van julle, in die teenwoordigheid van Christus.11Die bedoeling is dat ons nie deur Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’’ —2 Korintiërs 2:10-11 NLV)

Vergifnis help ons omdat dit God toelaat om Sy werk in ons te doen. Ek is gelukkiger en voel fisies beter wanneer ek nie met die gif van onvergewensgesindheid gevul is nie. Ernstige siektes kan ontwikkel as gevolg van die spanning en druk wat bitterheid, wrokkigheid en onvergewensgesindheid op ‘n persoon plaas.

Die Vader kan nie ons sondes vergewe as ons nie ander vergewe nie, en ons maai wat ons saai (sien Matteus 6:14-15; Galasiërs 6:7-8). Saai barmhartigheid en jy sal barmhartigheid maai; saai oordeel en jy sal oordeel maai. U moet, deur die genade van God, vergewe, om die deur van jou hart oop te laat vir die Here.

‘n Onvergewensgesindheid  gee die duiwel ‘n vastrapplek wat hy nodig het om ‘n vesting te skep. As hy ‘n vesting het kan hy die invloed van die Heilige Gees blokkeer. Wanneer jy vergewe, keer dit dat die vyand seggenskap oor jou het en laat dit toe dat jou verhouding met God vrylik vloei.

Jy kan oorwinning oor die vyand hê deur die krag van die Heilige Gees wanneer jy kies om die Woord van God te gehoorsaam. Doen jouself ‘n guns, en wees vinnig om te vergewe.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie die duiwel ‘n vastrapplek of vesting gee in my lewe nie. Ek wil nie hê dat enigiets in die pad kom van my verhouding met U nie. Ek kies om te vergewe sodat ek vrylik met U gemeenskap kan hê.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon