Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry.(Jesaja 40:31)
Jesaja leer ons om op die Here te wag wanneer ons weet ons krag moet vernuwe word. Om op God te wag beteken om tyd saam met Hom deur te bring in Sy Woord en Sy teenwoordigheid.
Daar is sekere mense waaruit ons krag kan put deur net rondom hulle te wees. Dit lyk of hulle teenwoordigheid, die manier waarop hulle praat en die lewe benader, ons beter laat voel wanneer ons moedeloos is. Net so is daar ander wat ons erger kan laat voel. Hulle het ‘n manier om ‘n negatiewe gevoel op dinge te plaas.
Wanneer jy versterk moet word, moedig ek jou aan om tyd saam met God deur te bring en met mense wat jou na Hom sal wys. Om tyd in God se teenwoordigheid deur te bring is soos om in ‘n kamer te sit gevul met soet geurige parfuum. As ons lank genoeg daar sit, neem ons die geur saam met ons oral waar ons gaan.
Vandag se Gedagte
Blywende krag en moed kom net van die Here af. Wag vir Sy leiding, Sy vrede en Sy krag om jou vorentoe te dryf.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 46:1-3; Jesaja 26:3-4