Verskonings, verskonings

‘Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê.’ – Matteus 12:36

Moses het verskonings uitgedink toe God hom tot diens geroep het. Hy het gesê hy is nie welsprekend genoeg nie en hy sou nie kon praat nie. Feliks het versko­nings gemaak toe Paulus met hom gepraat het oor ge­regtigheid en selfbeheersing. Wat hy eintlik gesê het, was: ‘Dit is nie nou ’n gerieflike tyd nie, kan jy later terugkom?’

Wanneer God mense nooi om ’n verhouding met Hom te hê, het baie mense allerhande verskonings. Die waarheid is egter doodeenvoudig dat hulle nie die opofferings wil maak wat dit verg om Hom te volg nie. Selfs by diegene wat in Jesus glo, hoor ons soms verskonings waarom hulle Hom nie heelhartig kan dien nie. Dit is tyd om die verskonings aan te spreek en te begin om die waarheid te praat. Daar is een waarheid wat nie een van ons sal kan vermy nie: ‘Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee’ (Rom. 14:12). Op daardie dag gaan daar nie verskonings wees nie.


Kraggedagte

Ek maak nie niksseggende verskonings nie; ek aanvaar verantwoordelikheid vir elke woord wat ek sê.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon