Versorg jou liggaam

Versorg jou liggaam

“want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.” —1 Korintiërs 6:20 NLV

Sommige van ons het nog nie geleer om ons liggame lief te hê en ordentlik vir hulle te sorg nie. Om dit te verander, moet ons die drie grootste struikelblokke tot gesonde eet konfronteer.

Ons weet nie hoe om vir ons liggame te sorg nie. Slegte diëte, verkeerde inligting en kitskos het mense deurmekaar gemaak oor wat ‘n gesonde dieët is en hoe om die regte kos in die regte hoeveelhede te eet.

Ons idee van ‘n liggaamsbeeld is skeefgedraai deur media en advertensies. Ons word gebombardeer met onrealistiese ideale van skoonheid, terwyl vetsug so algemeen is dat dit amper as normaal beskou word. Ons moet herontdek wat ‘n gesonde mens na lyk.

Om te oefen is amper uitgesterf. Ons het genoeg gerieflikhede uitgedink dat ons baie keer heeltemal sonder enige oefening leef. Ons loop nie eens erens heen as ons nie hoef nie! Maar die waarheid is, baie van ons welstand hang af van hoe ons ons liggame oefen.

As jy sukkel met hierdie struikelblokke, maak ‘n besluit vandag dat jy nie verslaan sal word nie. God sê dat ons goed na ons liggame moet kyk, en Hy sal altyd help om die dinge te doen wat Hy ons vra om te doen. So maak ‘n besluit om op God se krag te steun en leef ‘n gesonder leefstyl.


Gebedsbeginpunt

God, ek wil U eer deur na my liggaam te kyk en ‘n gesonder leefstyl te leef. Ek glo dat ek veranderinge kan bring deur U krag wat werk in my.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon