Vertrou Hom in die proses

Vertrou Hom in die proses

“Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my.” —Psalms 23:4 NLV

Ons dink baie keer dat ons God vertrou vir die dinge wat ons nodig het of wil hê, maar ‘n ware verhouding van vertroue in God beteken baie meer as om net te vertrou om iets te kry. Ons moet leer om Hom te vertrou deur die proses van ontvang en wag vir die dinge wat ons begeer.

Daar was ‘n tyd in my lewe waar ek intens gefokus het op vertroue in die Here vir die dinge wat ek wou hê, “Ek wil dit hê, God” en “Ek het dit en dat nodig, God”. Hy het my begin wys dat om al daardie goed te kry was nie die mees belangrikste ding in my lewe nie.

Hy wou my leer hoe om Hom te vertrou om deur alle situasies te loop met stabiliteit en ‘n goeie houding op ‘n konstante basis. Hy het nodig gehad dat ek leer dat Hy my nie altyd gaan red uit situasies uit nie, maar dat Hy altyd met my is soos ons deur dit stap.

God gaan ons nie altyd red uit alles wanneer ons dink Hy moet nie, maar Hy is wel altyd met ons. Vandag, in plaas daarvan om te fokus op net die eind resultaat, besef dat God nou by jou is. Hy is naby aan jou so vertrou Hom om deur die proses met jou te stap.


Gebedsbeginpunt

God, ek is so bly dat U nou met my is. Ek wil nie net vir U vertrou om vir my goed te gee nie, maar ek vertrou U deur elke alledaagse omstandighede van die lewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon