
Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. – Spreuke 3:5
Ons sê dikwels ons vertrou God, maar dan bekommer ons ons nogtans. Soos bogenoemde vers bevestig, moet ons die Here vertrou – nie net met ons hart nie maar ook met ons kop.
Wat laat jy jou kop toe om te doen as jy probleme ondervind? Bekommer jy jou en probeer self dinge uitwerk, of laat jy dit in God se bekwame hande?
As jy God vertrou en in die Gees leef in plaas van om jou te bekommer, kan jy ‘die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan’ (sien Filippense 4:7, 1983-vertaling) ervaar; jy kan vervul word met ‘wonderlike blydskap’ (sien 1 Petrus 1:8) selfs te midde van vreeslike beproewings en versoekings. Om God te vertrou in plaas van om jou te bekommer, stel vreugde in ons vry en verskaf antwoorde op ons probleme.
Kraggedagte
Ek vertrou volkome op die Here en maak nie staat op my eie insigte nie.