Vertrou op God en doen goed

Gebedsbeginpunt

‘’Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid.’’ – Psalm 37:3 NLV

Baie van ons spandeer veels te veel tyd om te probeer vasstel hoe ons vir onsself seëninge kan kry. Mense spandeer soms hul hele lewe daaraan om te bereik wat hulle dink belangrik is, en vertrou nooit op God of laat hulle lei deur Hom nie. Uiteindelik laat dit hulle depressief en onvervuld voel.

Psalm 37:3 sê: Vertrou…op die Here en doen wat goed is… God het ons nie geskape om selfsugtig te wees of om onsself heeltyd te help nie. Hy wil hê dat ons goeie saad moet saai deur uit te reik om ander te help. En om goed te doen bring groot bevrediging, want dit voel wonderlik om ‘n verskil te maak. Dit maak ook die deur oop vir God om jou op ‘n groter manier te seën.

Vertrou op God om die regte seëninge in jou lewe te bring. Terwyl jy op Sy perfekte tydsberekening wag, raak besig om ander te help. Jy sal eintlik verlig voel as jy nie heeltyd aan jouself dink nie.

Terwyl jy besig is met die goeie dinge wat jy weet om te doen, sal God jou getrou seën en in jou behoeftes voorsien.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie ‘n selfsugtige, selfgesentreerde lewe lei nie. Ek vertrou U om die regte seëninge in my lewe te bring terwyl ek besig is om goed te doen aan die na wie U my gelei het om lief te hê.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon