
Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe . . . Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?’ – Matteus 6:25, 27
Ek wonder hoeveel keer op ’n dag word die woorde ‘Ek is bekommerd oor …’ uitgespreek. Miljoene mense gebruik die frase, maar wat help dit? Kan bekommernis enigiets verander? Nee. Waarom dan aanhou daarmee?
Let op na wat jy en ander mense sê, en elke keer wanneer jy die woorde ‘Ek is bekommerd’ hoor, sê vir jouself: Kommer is nutteloos en ek weier om my te bekommer. As ons eers besef hoe onsinnig dit is, sal ons dit ophou sê en ophou doen.
In plaas van om te sê: ‘Ek is bekommerd’ kan jy daardie negatiewe, nuttelose woorde vervang met die woorde: ‘Ek vertrou God.’ Wanneer jy sê jy vertrou God, stel jy sy krag vry om in jou lewe te werk. Bestudeer God se Woord, onthou sy getrouheid teenoor jou in vorige situasies en wees vasbeslote om op te hou om jou tyd te mors met kommer.
Kraggedagte
Ek vertrou God; ek mors nie my tyd met kommer nie.