‘’Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word.’’ – Lukas 17:1 NLV
Versoeking, of die ingee tot die versoeking, is ‘n ernstige probleem sedert die begin van tyd en is vandag nog ‘n baie belangrike deel van ons lewens. Of jy daarvan hou of nie, ons almal moet dit hanteer. In Lukas 17:1, sê Jesus Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie.
Maar waarom het ons versoeking? Omdat dit ons geloof versterk asook ons geestelike sy. As ons nie teen versoeking moes staan nie, sou ons nooit ons geestelik krag ken nie. Om geestelike krag te ontwikkel, moet ons alle soorte toetse deurstaan, groot of klein.
In Lukas 4 vind ons dat Satan Jesus in die versoeking gebring het in die hoop om ‘n area van swakheid binne te dring. Maar Jesus het sterk gestaan en die vyand verslaan. Ek moedig jou aan om te doen wat Jesus gedoen het toe Hy in die versoeking gekom het. Hy was in die versoeking. Hy het direk na God se Woord gegaan. God het vooraf geweet Jesus sou die toets slaag, en ek glo dat Hy vertroue in ons het. As ons die voorbeeld van Jesus volg, sal ons die versoeking oorkom en ook baie van ons toetse slaag.
Gebedsbeginpunt
Here, dankie dat U my help om die versoekings van die vyand te weerstaan en te oorkom. As versoeking kom, sal ek dadelik na U Woord gaan en U waarheid gebruik om dit te oorwin.