
‘Ek verseker julle, wie aanhou glo, het reeds die ewige lewe.’ – Johannes 6:47
Solank wonderwerke gebeur, is almal bereid om Jesus te volg. In Johannes 6 het mense Jesus gevolg vir die dinge wat Hy vir hulle gedoen het. Jesus het egter met hulle gepraat en gesê hulle moet Hom volg vir wie Hy is en nie bloot omdat Hy doen wat Hy doen nie. God wil hê ons moet sy aangesig soek, nie sy hand nie.
Ons almal beleef tye wanneer dit wil voorkom asof God stil en verborge is, amper asof Hy vir ons wegkruip. Hy wil nie hê ons moet ophou om Hom te volg in hierdie tye nie, maar ons sal dit doen as ons slegs sy hand soek (die dinge wat Hy vir ons kan doen). In hierdie tye wanneer God vir ons ‘wegkruip’ en ons na Hom soek, kan ons geloof groei. As ons net gelukkig is wanneer daar groot, opwindende dinge in ons lewe gebeur, sal ons nooit ’n standvastige lewe hê nie. Groot, opwindende dinge is immers nie ons daaglike roetine en gewone ervaring nie. Ons normale, natuurlike, daaglikse lewe kan bonatuurlik wees as ons God vertrou.
Kraggedagte
Ek soek God se aangesig en nie sy hand nie. Ek wil Hom hê, nie net die dinge wat Hy vir my kan doen nie.