Toe ek nog klein was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek volwasse is, het ek die dinge van ’n kind ontgroei. – 1 Korintiërs 13:11
Die volwasse gelowige is ’n persoon wat geleer het om God se wil te doen ongeag hoe moeilik dit is of hoe dit voel. ’n Volwasse gelowige werk voortdurend saam met die Heilige Gees om al hoe meer verander te word na die beeld van Jesus Christus – om te leer om te sê wat God sê en ’n lewe te leef wat toegewy is aan God en sy doelwitte.
God se doelwitte vir jou is om geestelik volwasse te word en nie meer beheer te word deur jou gedagtes, emosies en begeertes nie. Hy wil hê jy moet sy Woord leer en jou lewe daarvolgens aanpas. Hy wil hê jy moet die hele tyd gereed wees om as sy verteenwoordiger hier op aarde op te tree.
raggedagte
Ek het my kinderagtige gewoontes laat staan en nou praat, dink en redeneer ek soos ’n volwasse Christen.