vrede en vreugde

Aan die einde van drie dae het die leiers deur die kamp beweeg. Hulle het die volk ingelig: ‘Wanneer julle sien die Levitiese priesters tel die ark van die verbond van die Here julle God op, moet julle van julle staanplekke af opstaan en hulle begin volg.’ – Josua 3:2–3

Die ark waarna die Skrif hier verwys het die tien gebooie en ’n stukkie manna bevat – dieselfde manna waarmee God die Israeliete in die woestyn gevoed het. Die tien gebooie het die wil van God verteenwoordig, en die manna God se teenwoordigheid en sy wonderbaarlike voorsiening.

Op jou reis deur die lewe kan jy op figuurlike wyse die ark volg, net soos die Israeliete die ark letterlik gevolg het. Om ‘die ark te volg’ beteken vandag om die Heilige Gees, wat in alle gelowiges woon, te volg. Wanneer jy Hom volg, kan jy seker wees dat jy altyd sy teenwoordigheid en sy voorsiening in jou lewe sal hê. Ons kom in die versoeking om ons eie gedagtes, emosies en begeertes te volg, maar dit sal ons onvervuld en onsuksesvol laat. Om die Heilige Gees te volg, is die weg na vrede en vreugde.


Kraggedagte

Ek kan die Heilige Gees vertrou om my na vrede en vreugde te lei.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon