Om vrees te ervaar is nie lafhartig nie

Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. – 2 Timoteus 1:7

Wanneer die Bybel sê die Gees maak ons nie lafhartig nie, beteken dit nie ons gaan nooit vrees ervaar nie. Om vrees te ervaar, is deel van die lewe. Ons kan vrees ervaar wanneer ons iets doen wat ons nog nie voorheen gedoen het nie, of wanneer struikelblokke onoorkombaar lyk. Dit beteken egter nie ons is lafaards nie; dit beteken net ons is menslik. Dit is wel lafhartig om ons vrese toe te laat om ons optrede en besluite te bepaal in plaas van ons hart toe te laat om dit te doen.

Om vrees te ervaar is nie dieselfde as om bang te wees nie – wat beteken om toe te laat dat gevoelens van vrees ons optrede bepaal. Ek voel dalk kwaad, maar ek kan steeds kies om nie op te tree volgens my woede nie en liewer met vergifnis en liefde te reageer. Net so kan ons vrees ervaar sonder om daardie gevoelens toe te laat om ons besluite te beïnvloed.


Kraggedagte

In Christus het ek ’n gees van krag, liefde en verstandigheid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon