Waar jy swak is, is Hy sterk

Waar jy swak is, is Hy sterk

“Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk.” —2 Korintiërs 12:9 NLV

Swak of sterk? As jy een van hierdie woorde moes kies om jouself te beskryf, watter een sou dit wees? Ek dink meeste van ons sou waarskynlik sê “swak”. Maar het jy geweet dat ons nie verslaan hoef te wees deur ons swakhede nie?

Die enigste manier om jou swakheid te oorkom is om staat te maak op God se krag. Om dit te doen, moet jy ophou fokus op jou swakhede. Jy kan nie net kyk na alles wat jy ís nie. Jy moet kyk na alles wat God wel is. Fokus op Sy krag en alles wat Hy bereid is om vir jou te doen.

Die swakhede van die wêreld is nie jou erfdeel nie. Jesus het nie aarde toe gekom, gesterf aan die kruis en weer opgestaan op die derde dag, vir jou om swak en verslaan te wees nie. Hy het deur dit alles gegaan om vir jou ‘n erfdeel te gee – outoriteit in hierdie lewe – en vir Sy krag om oor jou omstandighede te regeer.

In elke area waar jy struikel, is God reg en gewillig om aan jou Sy krag te verskaf. So volgende keer as jy jouself in ‘n plek bevind waar jy gekonfronteer word met jou swakheid, onthou en verklaar dat wanneer jy swak is, is Hy sterk!


Gebedsbeginpunt

God, ek verklaar en erken dat wanneer ek swak is, is U sterk. So ek gaan nie meer bekommerd wees of verslaan voel deur my swakhede nie. In plaas daarvan, gaan ek my geloof in U krag sit.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon