Waardeer eerlikheid van ander mense

Waardeer eerlikheid van ander mense

“Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.” —Spreuke 27:17 NLV

Almal hou van komplimente, maar baie min weet hoe om konstruktiewe kritiek te hanteer. Niemand hou daarvan om verkeerd te wees nie, wat dit moeilik maak wanneer mense vir ons dinge moet sê wat ons nie wil hoor nie.

Maar ons moet dankbaar wees vir eerlikheid in ander mense. Ek het iemand een keer hoor sê: “Net twee mense sal vir jou die waarheid sê oor jouself: iemand wat kwaad is vir jou en iemand wat jou baie lief het”. God gebruik beide tipe mense in ons lewens, maar Hy gebruik veral die eerlikheid van vriende en geliefdes.

Wanneer iemand, in liefde, vir jou eerlikwaar kan wys hoe jy kan verbeter, is die resultate baie meer kosbaar as leë, ego streel tipe komplimente. Dit is hierdie tipe verhouding wat die Bybel beskryf as “yster slyp yster”.

Ek wil jou aanmoedig om dankbaar te wees vir die mense wat vir jou die waarheid sal vertel oor jouself, selfs al is dit nie wat jy wil hoor nie.

Wanneer jy die waarheid hoor – veral as dit iets is wat jy nie eens van bewus was nie – kan jy verander. Op die ou einde sal eerlikheid van jou ‘n baie beter mens maak.


Gebedsbeginpunt

Here, dankie dat U werklik eerlike mense in my lewe geplaas het. Hul eerlikheid maak my soms ongemaklik, maar ek weet dat wanneer ek luister na hulle, kan U my help om ‘n beter mens te word.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon