
Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. – Jesaja 40:31 (klem bygevoeg)
Wanneer sukses moeilik bereikbaar bly, wanneer ons gefrustreerd en moeg raak omdat ons pogings tot niks lei nie, moet ons op die Here wag. Om op die Here te wag beteken doodeenvoudig om tyd saam met Hom deur te bring, om in sy teenwoordigheid te wees, om oor sy Woord na te dink, om Hom te verheerlik, om Hom die middelpunt van ons lewe te hou.
Wanneer jy op die Here wag, kry jy alles wat jy nodig het van Hom af. Hy is jou toevlug, jou bemagtiger, jou vreugde, jou vrede, jou geregtigheid en jou hoop. Hy gee jou alles wat jy nodig het om in oorwinning te leef ongeag die omstandighede waarin jy verkeer. Bly na aan Hom en ontvang elke dag die krag wat jy nodig het. Moenie dat enigiets jou skei van God se liefde wat in Jesus Christus te vinde is nie.
Kraggedagte
Ek wag daagliks op God en maak op Hom staat as my bron van krag in alle omstandighede.