‘’Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak.’’ – Lukas 6:28 NLV
Hoe reageer jy wanneer iemand jou gevoelens seermaak? Laat jy toe dat dit jou vreugde steel? Of loop jou emosies wild? Lukas 6:28 vertel wat ons moet doen wanneer mense ons seermaak: Ons moet vir hulle bid en ons moet hulle seën. Dit is nie ‘n natuurlike reaksie om te bid vir die geluk van diegene wat jou vervloek nie. Maar God se wysheid is hoër as ons s’n, so al voel dit nie ‘’reg’’ nie, is dit die regte ding om te doen. En ek is bereid om dit te gehoorsaam en te sê, ‘’Here, ek voel nie regtig lus om mense te seën wat my seergemaak het nie, maar ek wil in geloof bid dat U dit in elk geval sal doen want U sê ek moet hulle seën met U teenwoordigheid.’’ Die keuse om vir hulle te bid is een van die moeilikste dinge wat God ons vra om te doen, veral as ons glo dat elkeen wat ons seergemaak het verkeerd is en nie verdien om vergewe te word nie. Maar God gee opdrag aan ons om vergifnis te beoefen. En wanneer ons kies om die pad van vergifnis te volg, sal ons die vrede en vreugde ervaar wat ons kry deur God se Woord te gehoorsaam. As jy gehoorsaam is aan God, kan Hy jou help om die pyn van aanstoot te oorkom en die lewe meer te geniet.
Gebedsbeginpunt
Here, dit is moeilik, maar ek bid vir diegene wie my seergemaak het en vra U om hulle te seën. Help my om die seer vry te laat en hulle te vergewe.