Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vasstaan. (Efesiërs 6:13)
Die Bybel sê dat jy die wapenrusting moet aantrek wat God jou gegee het – dit is ‘n bewuste besluit van jou kant af. Die daaglikse besluite wat jy neem en die woorde wat jy sê, is hoe jy jouself aktief in God se wapenrusting aantrek. Neem ‘n paar minute soggens en bid: Here, vandag trek ek die wapenrusting aan wat U deur Jesus aan my voorsien het. Dankie dat ek vandag geregtig is in Christus. Ek kies om die borsharnas van geregtigheid te dra. Ek dank U dat ek die skild van geloof het. Vandag sal ek kies om deur geloof te lewe en nie deur aanskouing nie en vertrou op die beloftes in U Woord. Dankie dat U my ook met die Swaard van die Gees bewapen het.
Gaan stuk vir stuk deur die lys van die wapenrusting in Efesiërs 6:13-17. Om hierdie beloftes hardop te bely help om jou verstand te vernuwe en die seëninge van God, wat joune is, vry te stel en dit herinner die duiwel dat jy jou regte as kind van God ken.
Vandag se Gedagte
Om God se Woord te bely, is een van die maniere waarop jy jou geloof vrystel om namens jou te werk.