Wat gaan ons doen?

Wat gaan ons doen?

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV

In dié wêreld waarin ons leef, gaan ons allerhande probleme, frustrasies en moeilikheid soms ervaar. Dis maar net die lewe. So as ons dit weet, wat gaan ons doen?

Ons moet standvastig bly en volhard. Met ander woorde, moed opgee is nooit die antwoord nie! Maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie, oorwinning sal slegs behaal word as ons weier om moed op te gee.

Hou ook net in gedagte, dat in die hitte van ons stryd is die Heilige Gees besig om sy grootste werk in ons te doen. Hy word nie beweeg deur die omstandighede nie. As ek en jy Hom werklik vertrou, sal ons ook nie hoef geraak te word deur omstandighede nie. Hy is nie net in ons lewens vir goeie tye nie, maar ook vir die moeilike tye.

Hy sal ons deur enigiets lei as ons net sal vasbyt en Hom volg. Dit beteken ons moet ywerig in gebed wees, meedoënlose in ons vasberadenheid, onwankelbaar in geloof en absoluut vasbeslote om vas op God se Woord te staan en Sy beloftes aan ons.

Daar is soveel tye wat ons aandag afgetrek kan word deur hoe stadig dinge verloop. Die vyand is mal daaroor om dit aan ons uit te wys! Maar onthou, dit is wanneer God se wonderlikste werk in ons doen.

Jy sien dit gaan nie net oor my en jou nie. Die Here werk in ons ter voorbereiding van die werk wat Hy deur ons wil doen!

Ek weet die lewe kan soms baie moeilik wees. Maar ek weet ook dat God ons sal help as ons standvastig bly. Kom ons staan op Galasiërs 6:9: Laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.

So ek vra weer: Wat gaan ons doen? My antwoord is: nooit opgee nie! Wat is jou antwoord?


Gebedsbeginpunt

God, ek glo dat U besig is om te werk in my lewe, selfs deur die moeilike tye. Ek kies vandag om standvastig te bly en nooit op te gee nie uit gehoorsaamheid aan U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon