Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied. (Psalm 28:7)
Die Christelike lewe word nie altyd op die bergtop geleef nie; daar is dae wat jy nog deur die vallei moet gaan. Maar as kind van God is daar iets besonders bemoedigend wat jy vandag moet onthou: God kan meer in een oomblik doen as wat jy in ‘n leeftyd kan doen.
Daar is geen situasie wat Hom intimideer nie. Daar is geen gemors, geen disfunksie, geen mishandeling en geen pyn wat Hy nie kan genees nie. Een woord van God, een oomblik in Sy teenwoordigheid, en een aanraking van Sy hand kan die hele verloop van jou lewe verander.
Moenie moedeloos wees as dinge nie goed gaan nie. Jy het die Skepper van die heelal aan jou kant. Jy dien God wat die onmoontlike kan doen. Hy kan dit in ‘n oomblik doen.
Vandag se Gedagte
Jou verlede, jou beperkings en jou struikelblokke is geen probleem vir die krag van God nie.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 19:26; Job 42:2