Wat is geloof?

Wat is geloof?

“Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen, sal deur hulle geloof lewe.” —Habakuk 2:4 NLV

Geloof is ‘n woord wat ons baie gebruik, maar somtyds kan ons dit te moeilik maak. Geloof beteken bloot “glo of absolute vertroue”; die woord impliseer ook lojaliteit en verpligting.

Geloof is nie ‘n groot, gekompliseerde konsep wat ons oor moet stres nie. Werklike geloof in God erken bloot dat die boodskap van Jesus se dood en opstanding absoluut waar is. Dit gebeur as ons sê: “nie net maak dit nie sin vir my nie maar ek is bereid om my lewe daarop te sit”.

Die Bybel sê die regverdiges sal deur hul geloof lewe. Een manier om aan die regverdiges te dink is om te dink aan die wat regverdig gemaak was deur die dood van Jesus aan die kruis.

Deur geloof is ons regverdig gemaak en God behandel ons soos Sy eie geliefde kinders.

Vandag wil ek jou bemoedig om terug te kom na die basiese beginsels van geloof. Weet dat as jy jou geloof in Hom sit, is jy regverdig. Lewe deur jou vertroue in die God wat uitgereik het na jou met liefdevolle en oop arms, reg om jou te ontvang en lief te hê nes jy is.


Gebedsbeginpunt

Here, ek is so dankbaar dat ek my geloof in U kan sit en “onverbiddelik regverdig” te kan word. Vandag leef ek in geloof in U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon