Wat is jou status?

. . . maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het . . .– Filippense 2:7

Jy het ’n innerlike lewe en ’n uiterlike lewe. Jou uiterlike lewe is jou status by mense. Jou innerlike lewe is jou status by God. Die Bybel sê Jesus het sy status en eer eenkant toe geskuif (sien Filippense 2:7, Die Boodskap) omdat die innerlike lewe vir God belangrik is.

Die apostel Paulus het gesê: ‘Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie’ (Gal. 1:10, 1983-vertaling).

Om te probeer om mense te behaag, gee daardie mense beheer oor jou doen en late en kan veroorsaak dat jy God se roeping vir jou lewe misloop. Fokus op jou verhouding met God en jou status by Hom, eerder as op jou status by mense


Kraggedagte

My verhouding en status by God is belangriker as my status by mense.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon