Wat van my?

Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is. – 1 Johannes 4:8

God is liefde en sy aard is dié van ’n gewer. Hy gee, Hy help, Hy gee om en Hy offer op. Hy doen nie hierdie dinge net by geleentheid nie; dit verteenwoordig sy konstante gesindheid teenoor ons. Liefde is nie iets wat God doen nie, dit is wie Hy is. Hy bied altyd vir ons liefde, vrygewigheid, genade en hulp. God berispe wel sy kinders wanneer dit nodig is, maar Hy doen dit ook uit liefde en terwille van onsself sodat ons die regte manier van doen kan leer.

Alles wat God doen, is vir ons beswil; al sy bevele is daarop gerig om ons te help om die beste lewe te hê wat ons kan lei. Omdat God se liefde deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort is, kan ons ander liefhê en bedagsaam wees teenoor hulle. Dit beteken ons fokus verskuif van onsself na ander. Die innerlike stemmetjie wat vra: Wat van my? word stilgemaak. Ons leer om Jesus se voorbeeld te volg en vriendelik, vrygewig en liefdevol te wees teenoor ander.


Kraggedagte

Ek het lief omdat ek God ken, en God is liefde.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon