Wees beslis

Ek weet ek praat met verstandige mense. Oordeel self oor wat ek nou gaan sê. – 1 Korintiërs 10:15

Sommige mense neem oorhaastig besluite, ander neem te lank om te besluit, party se keuses is onverstandig en ander neem hoegenaamd geen besluite nie. Die lewe is vol besluite, en ons maak elke dag verskeie keuses. Ons kies tot hoe laat ons wil slaap, wat ons wil eet, wat ons wil aantrek en wat ons met ons tyd wil doen. Ons neem werkbesluite, verhoudingsbesluite, finansiële besluite en, belangrikste van alles, geestelike besluite. Selfs mense wat nie besluite neem nie, neem nog steeds die besluit om nie te besluit nie.

As ons die regte geestelike besluite neem – om God in alle dinge eerste te stel – sal die res van ons besluite makliker wees. Om betyds verstandige besluite te neem is deurslaggewend vir ons vrede en sukses in die lewe.


Kraggedagte

Ek het die insig om verstandige besluite te neem.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon