Wees gelukkig ten spyte van lyding

Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie. – 1 Petrus 3:14

Volgens hierdie Skrifgedeelte kan jy gelukkig wees ten spyte van lyding, solank jy ly terwille van ge­regtigheid. Hoekom? Want God is regverdig, en selfs al word jy vervolg omdat jy die regte ding doen, sal jy op die ou end wen. As jy die regte saad saai, sal jy ’n goeie oes insamel.

Die Bybel sê dit is ’n voorreg om te ly en vervolg te word, en dit kan alleenlik sin maak as daar vir jou ’n groot beloning wag. Geregtigheid beteken dat alles wat verkeerd is, reggemaak word. Wanneer jy ly omdat jy die regte ding doen, sal God jou twee keer soveel gee (sien Jesaja 61:7), want God seën altyd diegene wat die regte ding doen.


Kraggedagte

God se beloning is groter as enige lyding wat ek vir ’n tydperk kan ervaar.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon