Wees ’n aanmoediger

‘Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.’ – Lukas 6:31

Die Bybel leer ons om aan ander te doen soos ons wil hê hulle aan ons moet doen. Dink aan wat jy wil hê en begin dit weggee. As jy byvoorbeeld aanmoediging wil hê, wees bemoedigend!
Wees versigtig hoe jy oor ander mense dink. As jy jou besig hou met onvleiende of ontmoedigende gedagtes, sal hulle gewoonlik oor jou lippe glip. Probeer liewer in elke persoon iets goeds raaksien, en jy sal vind dat jy mense dienooreenkomstig behandel.

Ons hou daarvan om aangemoedig te word en om werklik goed te voel oor onsself. Komplimente help ons inderwaarheid om beter te presteer, terwyl ’n gekerm en gekla ons slegter laat optree. Kies iemand met wie jy graag ’n beter verhouding wil hê en begin om daardie persoon doelbewus aan te moedig en te komplimenteer. Ek is seker jy sal nie kan glo hoeveel beter daardie persoon teenoor jou reageer nie.


Kraggedagte

Ek is ’n bemoedigende mens.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon