
Wat het nou van julle blydskap geword? – Galasiërs 4:15
Ek was baie jare gelede uiters negatief. My gedagtes was alles negatief, daarom was my woorde negatief, en daarom was my lewe negatief. Nadat ek die Woord van God waarlik begin bestudeer het en op God begin vertrou het om my te herstel, het ek dadelik besef dat die negatiwiteit tot ’n einde moes kom.
Negatiewe gedagtes lei tot ’n negatiewe lewe, en positiewe gedagtes lei tot ’n positiewe lewe. Negatiewe gedagtes is vol vrees en twyfel, maar positiewe gedagtes is vol geloof en hoop.
As jy glad nie weet wat God se wil vir jou is in hierdie stadium van jou lewe nie, kan jy begin deur te dink: Wel, ek weet nie wat God se plan is nie, maar ek weet Hy het my lief. Wat Hy ook al doen, sal goed wees, en ek sal geseënd wees. Begin om positief te dink oor jou lewe; oefen om positief te wees in elke situasie wat jy teëkom.
Kraggedagte
Ek bly positief in alle omstandighede.