Wees soos God

Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. – Efesiërs 5:1

Ons word in die Skrif geleer om God se voorbeeld te volg. Met ander woorde, hoe God ook al is, moet ons ook probeer wees. God sien die begeertes in ons hart en Hy sal ons help om al hoe meer soos Hy te word wat ons optrede betref.

Dink jy God sit kwaad en huilend en depressief in die hemel? Nee, dit is nie in God se aard nie. God is vol blydskap en Hy is sterk, en daarom moet ons sy voorbeeld volg.

God is genadig en lankmoedig (sien Psalm 103:8). As jy vir iemand kwaad word omdat hulle onregverdig teen­oor jou opgetree het, kan jy God se voorbeeld volg en kies om hulle genadig te wees – vergewe hulle, selfs al dink jy hulle verdien dit nie.

Ons kan al hoe meer soos God word omdat ons deel gekry het aan sy Goddelike natuur (sien 2 Petrus 1:3–4). Begin om God se voorbeeld te volg in jou lewe, om te doen wat jy glo Hy in daardie situasie sou doen.


Kraggedagte

Ek volg God se voorbeeld, want Hy wys my hoe ek moet leef.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon