“Baie aktiwiteit gee jou rustelose drome. Net so kom dwaasheid van te veel woorde.” Prediker 5:2 NLV
Doen jy “dinge” wat nie vrug dra nie? Steel besig-wees jou vrede?
Ek het een keer van ‘n wag gehoor wat oor ‘n sekere plot grond van Buckingham Paleis in Engeland moes waghou. Vir 100 jaar, vier-en-twintig uur per dag, was daardie plot landgoed na gekyk. Eendag vra iemand, “Waaroor hou jy wag?”. Hy het nie geweet nie en het net eenvoudig gesê dat daar al waggehou word vir 100 jaar.
Die storie is toe dat 100 jaar gelede het die koningin nuwe roosbome geplant en wou seker maak dit groei. Nou, ‘n eeu later, staan daar nogsteeds ‘n wag waar die roosboom voorheen gestaan het – en hy hou wag oor niks.
Is daar dinge wat jy doen maar jy weet nie meer hoekom jy dit doen nie? God het ons nooit geroep om besig te wees nie. Hy roep ons om vrugbaar te wees en vrug te dra. Te veel nuttelose aktiwiteit dra nie vrug nie en stres ons net uit.
Ek moedig jou aan om te kyk na alles wat jy deur die dag doen. Jy mag dalk iets doen wat God jou nie gevra het om te doen nie, of iets wat Hy dalk gevra het maar nie meer nie. Laat die Heilige Gees jou wys hoe om ontslae te raak van besigwees en hoe om meer vrug te dra.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, help my om voorraad te neem van my lewe en alle nuttelose aktiwiteit uit te skakel. Ek wil nie te besig wees nie. Wys my hoe om ‘n meer vrugtevolle lewe te lei.