Wees vrygewig en vrolik!

Wees vrygewig en vrolik!

“Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” —2 Korintiërs 9:7 NLV

As Christene moet ons vrygewige mense wees, ons moet gee wat ons het wanneer ookal ons kan. En dit beteken nie net geld nie – ons kan hulp gee, bemoediging, tyd, talente en vergifnis.

Dit beteken ons kan nie toelaat dat selfsugtigheid in die pad kom nie. Baie mense is suinig en klou vas aan wat hulle het, te bang om enigiets op te gee. Ander is dalk nie suinig in hul aksies nie, maar suinig in hul harte, hulle gee net omdat hulle voel hulle moet, nie omdat hulle regtig wil nie.

Maar dit is nie die manier wat God ons roep om te gee nie. 2 Korintiërs 7:9 sê vir ons dat God ‘n blymoedige gewer lief het (Hy neem plesier daarin, stel dit bo alles).

As jy dink daaraan, wanneer ons ons lewens vir God gee, is alles Syne in elk geval – dit behoort nie meer langer aan ons nie. Ons moet gewers wees, ons besittings gebruik op die manier wat Hy dit wil hê.

Gee vrolik vandag. Dit behaag God en die wat vrolik gee is ook gelukkig, vervuld en hoogs effektief.


Gebedsbeginpunt

God, ek maak dit vas in my hart en gedagtes nou dadelik om ‘n vrolike gewer te wees. Wys my hoe ek vrygewig kan gee aan U en die mense in my lewe vandag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon