Wie is jou regte vyand?

Wie is jou regte vyand?

“Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.” —Efesiërs 6:12 NLV

Staar jy tans moeilike omstandighede in die gesig? Benodig jy voorsiening in ‘n area maar nie seker waar dit vandaan gaan kom nie? Baie Christene gaan deur ernstige, moeilike omstandighede vandag. Sommige het hul werke verloor. Ander sukkel met kritiese gesondheidsprobleme en leef met ‘n konstante bekommernis oor hoe om hul mediese rekeninge te betaal of doktersafsprake, tesame met noodsaaklikhede soos behuising, kos en klere.

Daar is baie dinge in die wêreld wat ons dreig. Maar ons grootste vyand – vrees – is nie “daar buite” nie.

Efesiërs 6:12 herinner ons aan die feit dat ons nie in ‘n geveg met vlees en bloed is nie, maar met die vyand van ons siele. Ons moet nie deurmekaar wees oor die identiteit van die vyand in ons gevegte nie.

Gelukkig is ons onsigbare God meer as bekwaam om met ons onsigbare vyand af te reken. Wanneer ons by ‘n openbaring uitkom van God se onvoorwaardelike liefde vir ons, kan ons besef dat Hy altyd na alles sal kyk wat ons aanbetref.

Jy hoef nie bang te wees vir jou onsigbare vyand nie. Vertrou op God, die enigste Een wat die bose geeste van die donker wêreld kan verslaan.


Gebedsbeginpunt

Here, moenie toelaat dat ek vergeet wie my regte vyand is nie, en moenie dat ek vergeet dat U almagtig is nie. Ek weet ek kan nie alles hanteer wat die vyand na my toe gooi nie, maar U kan.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon