Wie Jy in Christus Is

Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (Galasiërs 2:20)

Soms vergeet ons wie ons werklik is in Christus Jesus. Ons kyk na ander dinge om ons identiteit te vind, maar wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem, is ons identiteit in Hom toegedraai. Hier is net ‘n paar dinge wat die Woord van God sê jy is:

  • Jy is die geregtigheid van God – jy is geregtig in Hom – in Jesus Christus (sien 2 Korintiërs 5:21).
  • Jy is uit God gebore en behoort aan Hom, daarom kan die vyand jou nie aanraak nie (sien 1 Johannes 5:18).
  • Jy is gered deur God se genade, lewend in Christus, en het alles wat Jesus gesterf het om vir jou te gee (sien Efesiërs 2:5-6; Kolossense 2:12).
  • Jy is meer as ‘n oorwinnaar deur Christus wat jou liefhet (sien Romeine 8:37).
  • Jy is die kop en nie die stert nie, jy gaan net op in die lewe, nie af nie, soos jy God vertrou en gehoorsaam (sien Deuteronomium 28:13).
  • Jy is ‘n nuwe skepping in Christus (sien 2 Korintiërs 5:17).

Jy is nie ‘n mislukking of ‘n fout nie. God het ‘n plan en ‘n doel vir jou en baie goeie dinge wag vir jou in jou toekoms.


Vandag se Gedagte

Jy is ‘n kragtige nuwe identiteit in Christus gegee. Moenie dat die duiwel vir jou sê dat jy enigiets minder is as wie jy is nie.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Efesiërs 1:4; Hebreërs 10:39

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon