Laat jou woorde min en positief wees

Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, en kom weer terug na julle toe. As julle My liefhet, sou julle opgewonde gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter is as Ek. – Johannes 14:28

Jesus het heeltyd onder moeilike omstandighede verkeer, en hoewel Hy daaroor gepraat het, het Hy dit nooit op ’n negatiewe manier gedoen nie. In die boek Johannes het Hy vir sy dissipels vertel dat Hy weggaan, maar dat hulle moet bly wees vir sy part omdat dit God se wil is. Hy het verder gesê dat Hy nie meer baie lank met hulle sal kan praat nie (sien Johannes 14:28–31).

Jesus het geweet wanneer om te praat, wanneer om nie te praat nie en hoe om te praat. Hy het beslis geweet watter mag en impak woorde het. Ek glo dat Hy, deur te kies om minder woorde te sê en seker te maak dat dié wat Hy wel sê die regte woorde is, gehelp het om God se volmaakte plan vir Hom te volbring.


Kraggedagte

Wanneer ek oor my omstandighede praat, praat ek positief daaroor.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon