Vertel Hulle Van My Liefde
God Het Jou Lief! Hy wil hê dat ons van Hom afhanklik moet wees, op Hom moet vertrou en op Hom moet steun. Ons moet Hom liefhê en Hom toelaat om ons lief te hê. Hy wil hê ons moet Hom vertrou en na Hom uitreik as ons in nood is. Hy wil ʼn persoonlike verhouding met jou aanknoop.
Mense het in hulle harte ʼn hunkering, ʼn verlange en ʼn begeerte om liefgehê te word. God het ons so gemaak. Baie mense glo dat God die wêreld liefhet en dat Hy Jesus liefhet, maar hulle sukkel om te glo dat Hy hulle liefhet. Tog leer die Woord ons dat God hulle so lief het as wat Hy Jesus lief het. Hy het jou so lief as wat Hy Jesus het. Kom ons kyk na Johannes 5:20: “Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan.”